News

Selfs OG kon nie verlies met watermeterdiefstal bepaal nie

Selfs OG kon nie verlies met watermeterdiefstal bepaal nie

 

Watermeters word steeds bykans daagliks helder oordag in Parys gesteel. Verlede week is by die Rosenhof woonstelle in Schilbachstraat alleen vier watermeters gesteel.
Benewens die ongerief vir inwoners wat twee dae lank moes sukkel om die munisipaliteit te kry om die stroom water wat vermors word te stop, en pyplaste te maak, kos hierdie misdaad munisipaliteite al ’n aardige bedrag wat nie eens die ouditeur-generaal wou waag om die verlies te probeer bepaal nie.
Hoewel die munisipaliteit die gesteelde meters moet vervang, gebeur dit nie altyd nie, omdat die munisipaliteit nie die geld en dikwels ook nie die voorraad het om voortdurend meters te vervang nie.

Volgens DA-raadslid Andries Vrey is hy bewus van gevalle waar mense die afgelope weke versoek is om self ’n meter te koop wat die munisipaliteit dan sou installeer. In sulke gevalle, sê rdl. Vrey, word die koste van die meter dan teen die munisipale rekening gekrediteer.
Maar waar nóg die munisipaliteit nóg die huiseienaar die geld het om die meter te vervang, gebeur dit ook dat net ’n pyplas deur die munisipaliteit gemaak word om die watertoevoer te herstel. Die gevolg is dat verbruik deur die munispaliteit geskat word.

Vrey se raad is dat waar mense agterkom hul meter is gesteel, dit dadelik by 082 909 3464 aangemeld moet word.
Nadat die diefstal aangemeld is, kan die huiseienaar die volledige adres en tyd waarop die diefstal gerapporteer is, aan die betrokke wyksraadslid rapporteer sodat die vordering met die herstelwerk gemonitor kan word. Die inligting moet verkieslik per WhatsApp en in Engels gestuur word sodat wyksraadslede die boodskap weer aan die betrokke amptenare kan aanstuur. Sonder akkurate lesings (waar meters byvoorbeeld gesteel is) is die kans op onderverhaling nie noodwendig groter as op oorverhaling nie. Daarom is die ideaal steeds dat gesteelde of foutiewe meters so gou moontlik deur die munisipaliteit vervang word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button