News

Plaasaanvallers in Khutsong gearresteer

Plaasaanvallers in Khutsong gearresteer

‘n Groep mans is laasnag in Khutsong gearresteer in verband met die plaasaanval waar ‘n boer Dinsdagaand tien keer in die Rysmierbult-omgewing geskiet is.

Volgens die polisie in Carletonville het ‘n speurder van Carletonville, sers. Jacques Nagel, en ‘n groep van sy kollegas van Carletonville tesame met lede van die polisie se trio taakspan die arrestasies gemaak.

Altesaam agt mans, wie se ouderdomme tussen 35 en 26 jaar wissel, is by ‘n huis in Khutsong-Suid gearresteer na inligting van ‘n beriggewer ontvang is.

Een van die verdagtes is langs die pad naby die toneel gevind, maar het aanvanklik beweer dat hy na ‘n roof by Carletonville Mall daar afgegelaai is.

Altesaam vier vuurwapens, waaronder die .22 wat van die boer tydens die plaasaanval gesteel is, sowel as ‘n speelgoedwapen, is teruggevind.

Die mans word op aanklagte van dat hulle ‘n plaasaanval uitgevoer het en die besit van ongelisensiërde en gesteelde wapens aangekla en het nog nie in die hof verskyn nie.

 

Related Articles

Back to top button