News

Plaasaanvallers in Khutsong gearresteer

Plaasaanvallers in Khutsong gearresteer

‘n Groep mans is laasnag in Khutsong gearresteer in verband met die plaasaanval waar ‘n boer Dinsdagaand tien keer in die Rysmierbult-omgewing geskiet is.

Volgens die polisie in Carletonville het ‘n speurder van Carletonville, sers. Jacques Nagel, en ‘n groep van sy kollegas van Carletonville tesame met lede van die polisie se trio taakspan die arrestasies gemaak.

Altesaam agt mans, wie se ouderdomme tussen 35 en 26 jaar wissel, is by ‘n huis in Khutsong-Suid gearresteer na inligting van ‘n beriggewer ontvang is.

Een van die verdagtes is langs die pad naby die toneel gevind, maar het aanvanklik beweer dat hy na ‘n roof by Carletonville Mall daar afgegelaai is.

Altesaam vier vuurwapens, waaronder die .22 wat van die boer tydens die plaasaanval gesteel is, sowel as ‘n speelgoedwapen, is teruggevind.

Die mans word op aanklagte van dat hulle ‘n plaasaanval uitgevoer het en die besit van ongelisensiërde en gesteelde wapens aangekla en het nog nie in die hof verskyn nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button