
Met die warmer weer en die lente wat kleurvol oral begin gesig wys, is die baie gewilde Hartelusmark weer hier op Saterdag 5 September van 09:00-15:00 by Egweni River Logde in Van Collerstraat, Parys. En watter beter manier om uit die grendelmure te beweeg as ‘n Saterdag by dié mark langs die Vaal se oewer waar jy na hartelus kan koop, kuier en ontspan.

Al ooit gewonder wat maak ‘n mark suksesvol? Hartelus Mark se eienaars – Hettie le Roux en Marieta van der Merwe, het lank oor hierdie vraag geworstel. Nadat hulle ‘n reeds suksesvolle mark oorgekoop het 2 jaar gelede, het hulle tot die slotsom gekom dat ‘n mens se liefde vir ander mense, al wat nodig is vir ‘n suksesvolle mark. Voeg hierby die kabbels van die Vaalrivier, heerlike wyn, handgemaakte kuns items, voortreflike kos en siedaar – DIE MARK VAN ALLE MARKTE. Die Hartelus Mark vind elke 1ste Saterdag van elke maand (en dan sommer vir die lekker) ‘n pasella mark gedurende Desember plaas. Daar word gepoog om slegs uitgesoekte stalletjies, wat handgemaakte items bevorder, by die mark te gebruik. Gaskunstenaars word afgewissel om in almal se smaak te voldoen. Nuwe idees word ook gereeld tot die mark gevoeg wat verseker dat elke markdag ‘n unieke onthou-belewenis sal wees. Die unieke posisie waar ons gelee is – op die walle van die Vaalrivier – maak dit vir oud en jonk ‘n uitstappie wat beslis op elkeen se maandkalender aangeteken behoort te wees.

Menige verjaarsdag partytjies, familie herdenkings asook daardie verrassings kombuistee maak deel van die spesiale reelings wat Hartelus Mark vir jou kan reel.

Om deel te wees van die Hartelus-vriendekring kan jy hulle gerus kontak by hartelusmark@gmail.com of skakel vir Hettie by 0823758361. Vir die reël van enige spesiale geleentheid skakel Marieta by 0826419618.  Â

   



