Plaaslike fietsryers laat die speke sing vir hoop
Plaaslike fietsryers laat die speke sing vir hoop
Die afgelope naweek is die 200ste bestaansjaar van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika herdenk. Weens Covid-19 moes die beplande feesprojekte tot 2021 oorstaan. Tog het dit nie ‘n demper geplaas op fietsryers se entoesiasme om wel die geleentheid te herdenk nie, en het motorfietsryers en fietsryers in verskillende stede byeengekom. Plaaslike fietsryers het in Kemptonpark gaan saamry. As jy egter nie kon deel in die naweek se fietstrap vir hoop nie, kan jy steeds by die Bybel-per-maand klub aansluit. Bybel-per-maand klublede gee maandeliks ’n bydrae en ondersteun so spesifieke projekte om die Bybelgenootskap te help om ten minste een Bybel vir iemand teen ’n bekostigbare prys in sy/haar taal beskikbaar te stel.

Elke R55 wat ontvang word, help die Bybelgenootskap om een meer Bybel beskikbaar te stel. Vir meer inligting oor die projekte kan Dawie Bornman by 083 263 3848 gekontak word.





