Sport

Plaaslike fietsryers laat die speke sing vir hoop

Plaaslike fietsryers laat die speke sing vir hoop

Die afgelope naweek is die 200ste bestaansjaar van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika herdenk. Weens Covid-19 moes die beplande feesprojekte tot 2021 oorstaan. Tog het dit nie ‘n demper geplaas op fietsryers se entoesiasme om wel die geleentheid te herdenk nie, en het motorfietsryers en fietsryers in verskillende stede byeengekom. Plaaslike fietsryers het in Kemptonpark gaan saamry. As jy egter nie kon deel in die naweek se fietstrap vir hoop nie, kan jy steeds by die Bybel-per-maand klub aansluit. Bybel-per-maand klublede gee maandeliks ’n bydrae en ondersteun so spesifieke projekte om die Bybelgenootskap te help om ten minste een Bybel vir iemand teen ’n bekostigbare prys in sy/haar taal beskikbaar te stel.

 

  Elke R55 wat ontvang word, help die Bybelgenootskap om een meer Bybel beskikbaar te stel. Vir meer inligting oor die projekte kan Dawie Bornman by 083 263 3848 gekontak word.    

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button