Mense in Potchefstroom sowel as die res van Suid Afrika was Dinsdag 25 Augustus behoorlik op hol nadat whatsapp boodskappe versprei is, dat die verbod op drank en tabak glo Dinsdagaand hervat sou word.
Potchefstromers het na verneem by verskeie drankwinkels tou gestaan om voorraad te koop.
Netwerk24 berig dat die departement van handel, en nywerheid verseker dat dit fopnuus is.
Dean MacPherson, DA woordvoerder van handel en nywerheid het met die departement geskakel oor die gerugte. Natasha Mazzone, DA hoofsweep in die parlement het ook gister bevestig dat dit fopnuus is en gevra dat dit nie verder versprei word nie.
Van die boodskappe wat versprei was het selfs beweer dat President Ramaphosa weer Dinsdag 25 Augustus die nasie gaan toespreek. Dit is ook as fopnuus ontbloot.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


