NewsNews

Kragsaak vanoggend voor die hof

Kragsaak vanoggend voor die hof

Die Vaal River Development Association (VRDA) se aansoek teen Eskom, die Ngwathe Munisipaliteit, die nasionale elektrisiteitsreguleerder Nersa, die Vrystaatse premier, die LUR vir CoGTA en die minister van energiesake, word vanoggend, Dinsdag 25 Augustus, om 10:00, deur regter Millar gehoor tydens ‘n virtuele hofsitting.

Vandag se hofsitting volg nadat regter Collis vroeg in Augustus in die Pretoriase Hoë Hof beslis het dat die VRDA se aansoek aan ‘n regter toegedeel moet word met ’n voorkeur hofdatum. Regter Collis het haar beslissing gemaak weens die kompleksiteit van die saak en beide partye wie se argumente te lank sou duur.

Die aansoek is om ‘n stokkie te steek voor wat gesê word Eskom se eensydige afdwinging van daaglikse rotasie beurtkrag vir Parys, asookNgwathe se  aansoek vir die verhoging van sy sogenaamde maksimum gekontrakteerde elektrisiteitsvoorsiening, of te wel die Notifyable Maximum Demand (NMD) wat tot dusver volstrek deur Eskom geweier is.  

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button