NewsNews

Twee plaasaanvalle enkele ure uitmekaar

Twee plaasaanvalle enkele ure uitmekaar

Gewapende aanvallers het ‘n boer verlede Vrydag (21 Augustus) op Eric Stoch se plaas aangerand en sy vuurwapen gesteel enkele ure nadat Hennie Niemand op die buurplaas geskiet is.

 

Henry Zulu boer deeltyds met perde, beeste, skape en varke en huur ʼn huis op Eric Stoch se plaas, Oudedorp. Hy is ʼn polisieman in diens van Mounted Academy, die berede-afdeling van die polisie.

Stoch vertel dat Zulu hom Vrydag laatmiddag gehelp het om ‘n siek vulletjie te spuit. Hulle het daarna teruggegaan na Stoch se huis en tot na 19:00 in die kombuis koffie gedrink en gekuier. Zulu is daarna na sy eie huis wat sowat 300m van Stoch se huis geleë is.

Hy het vuur gemaak om vir sy honde kos te maak en terwyl hy buite by die vuur gesit het, het aanvallers ʼn vuurwapen agter teen sy kop gedruk. Hulle het Zulu se kop herhaaldelik teen die huis se muur gestamp waarna hy flou geword het.

Toe Zulu bykom, het hy Stoch gebel om hom te waarsku dat sy dienspistool gesteel is en dat hulle vir die aanvallers versigtig moet wees. Stoch het dadelik die rampbestuursgroep gebel en al die boere in die omgewing gewaarsku. Die polisie was later ook op die toneel.

Henry Zulu is met ʼn ambulans na ʼn privaathospitaal in Potchefstroom geneem waarna hy die volgende dag weer ontslaan is.

Stoch sê hierdie plaasaanval is  ʼn bewys is dat nie net blanke boere onder plaasaanvalle deurloop nie en dat die regering die aanvalle op boere ernstig moet opneem.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button