NewsNews

Buks: ‘Jy sien hoe mense om jou sterf’

Buks: ‘Jy sien hoe mense om jou sterf’

“Die ergste deel om as pasiënt in die hospitaal met Covid-19 opgeneem moet word, is die emosionele deel wat daarmee saamgaan. Jy sien hoe ander pasiënte ICU toe geneem word en nooit weer uitkom nie, nog erger, jy sien dat die persoon langsaan jou gesterf het. Dit breek jou geestelik.”
Dit is hoe Buks van Heerden (49) van Meyerton, een van die bekendste plaaslike Comrades-atlete, sy ondervinding uit sy hospitaalbed beskryf het. Buks is Saterdag 25 Julie met Covid-19 gediagnoseer en moes weens onderliggende komplikasies op 28 Julie in Vereeniging in die hospitaal opgeneem word.

“Dit was ook baie moeilik vir my om van Carolien afskeid te moes neem by die hospitaal. Ek het net gebid dat ek haar, my gesin en ouers weer sal kan vashou in my arms,” sê Buks.

Maar by die hospitaal het alles so vinnig gebeur dat daar skaars tyd vir ‘n behoorlike totsiens was.
Verder was dit ook vir hom bitter moeilik oor die wete dat Carolien en hul seuntjie Kriztiaan ook positief getoets het vir Covid-19 en hy nie daar sou wees om hulle by te staan nie.
Gelukkig was hulle simptome nie so erg soos Buks sin nie. “Dit gaan baie beter met my ook. Ek kry nog nou en dan ‘n hoofpyn en het nog af en toe ‘n hoesie, maar verder gaan dit goed,” sê Carolien.
Maar vir Buks was die hele ondervinding ‘n baie emosionele ervaring. “Vandag spoor ek mense aan om nooit die huis te verlaat of bed toe te gaan saans, sonder om vir jou geliefdes sê hoe lief jy hulle het nie,” beklemtoon Buks.
Lees die oorspronklike berig by 
https://vaalweekblad.com/70297/buks-jy-sien-hoe-mense-om-jou-sterf/

Related Articles

Back to top button