NewsNewsSportSport

Blou Padda maak dit stadig maar seker

Chris le Roux van Parys, en sy spanmaats, Johan de Bruin en Henry Harper, was Sondag terug na die langpad, stofpad uitdaging van die 2015 Bull Run. Vir dié drie vriende was dit 'n belewenis soos min. Op 'n vraag of hulle dit weer sal doen - is die antwoord ja, maar volgende keer ruil hulle die 1968 Beetle vir vinniger wiele.

Chris le Roux van Parys, en sy spanmaats, Johan de Bruin en Henry Harper, was Sondag terug na die langpad, stofpad uitdaging van die 2015 Bull Run. Vir dié drie vriende was dit ‘n belewenis soos min. Op ‘n vraag of hulle dit weer sal doen – is die antwoord ja, maar volgende keer ruil hulle die 1968 Beetle vir vinniger wiele.

Die drie het 11 ure lank gery aan die 750km na die Soutpanne by Vosburg in die Noord-Kaap met ‘n gemiddelde spoed van 80km/h gery.

Die Blou Padda is van nuuts af opgebou deur Chris le Roux van Chris le Roux Motors in Parys. Sy besluit om deel te neem is geneem toe die gogga hom gebyt het kort nadat hy sy werkswinkel oopgemaak het en van die Bull Run deelnemers by sy onderneming bymekaar gekom het op hul pad na die 2013 Bull Run.

Teen daardie tyd was die Beetle al gekoop met die idee om dit te restoureer. Toe hy die manne met die ou karre sien, het hy geweet dit is wat hy wil doen.

Verlede jaar was die werk aan die Blou Padda nie betyds klaar nie, maar vanjaar was daar nie omdraai – Chris wou deelneem.

Een van die voorwaardes vir deelnemers is dat die voertuie waarmee deelgeneem word, ouer as 30 jaar moet wees en nie meer as R20 000 moet kos nie.

Die Bull Run sluit in ‘n 150km wedren op grondpad en verskeie kleiner kompetisies.

Die foto’s gee ‘n kykie na ‘n amperse boetekaartjie by Kimberley toe Blou Padda ook die verkeersman se aandag getrek het, vroegoggend met sonsopkoms, die “Pan Fun”” en Chris en sy vriende Johan de Bruin en Henry Harper.

https://www.youtube.com/watch?v=HDAdz250B1o&feature=youtu.be

Related Articles

Back to top button