NewsNews

Lesersbrief: ’n Skoner Parys lok mense

Ons meer ‘oop’ ekonomie sedert eergister is ‘n wenner vir Parys, want huis-tam stedelinge gaan naweke seker weer in groot getalle hier kom kuier, veral soos wat die lente vorder. Besoekers verkies ‘n sindelike dorp, met skoon strate en piekniekplekke. Gelukkig hou die meeste sakelui in Breëstraat lank reeds die sypaadjies en watervore voor hul …

Ons meer ‘oop’ ekonomie sedert eergister is ‘n wenner vir Parys, want huis-tam stedelinge gaan naweke seker weer in groot getalle hier kom kuier, veral soos wat die lente vorder. Besoekers verkies ‘n sindelike dorp, met skoon strate en piekniekplekke. Gelukkig hou die meeste sakelui in Breëstraat lank reeds die sypaadjies en watervore voor hul winkels skoon. Maar die dorpskern, soos Middel-, Kort- en Philipstraat, was onlangs oor naweke besaai met afval.

Dit is waarom ek en mede-raadslede verlede week ‘n skoonmaakaksie vir die dorpskern en besienswaardighede geloods het (Gazette, 13 Augustus). Die aksie kry reeds baie steun. Van die ondernemings in die sentrale deel het belowe hulle gaan ook nou oor naweke hul omgewing help skoonhou, en die Ngwathe munisipaliteit asook verskeie burgerlike organisasies het onderneem om hand by te sit. ‘n Skoon Parys lok besoekers en natuurlik ook beleggers.

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button