NewsNews

Brandstigting veroorsaak skade by PAWS

Brandstigting veroorsaak skade by PAWS

Verlede Saterdag (8 Augustus) omstreeks 03:00 het drie personeellede van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) wat op die perseel bly, net-net ‘n desperate situasie gesystap.

‘n Onbekende verdagte het die personeel se kamer met bande toegepak en aan die brand gesteek, maar danksy op en wakker optrede van een van die personeel kon die bande vroegtydig verwyder word en die ander twee personeellede gered word.

Volgens PAWS se bestuurder, Herman van der Sluis, kon dinge baie erger uitgedraai het.

“Een van die vensters het van die vuur gebars, terwyl die deure en dakbalke ook skade gekry het. Een van die werkers het wakker geword en betyds gereageer. CB Security het ook gekyk of hulle die verdagte kan opspoor, maar was nie sukesvol nie,” noem Van der Sluis.

Hy het bevestig dat die saak van brandstigting by die SAPD gemaak is en dat ‘n forensiese ondersoek ook geloods is.

Die goeie nuus vir PAWS is dat Karen Jonker van FFG ook gereël het dat die personeel se kamer die volgende oggend herstel word. Kontrakteurs het daardie naweek ook lang ure ingesit om alles te herstel.

“Ek is net bly dat niemand beseer is nie, omdat so brand ver kan trek as dit nie vroegtydig geblus word nie,” meen Van der Sluis.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Brandstigting veroorsaak skade by PAWS

 

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button