News

Van vandag af mag jy dop koop, rook en die gimnasiums is oop

Van vandag, Dinsdag 18 Augustus is die hele land op vlak 2 inperkingsregulasies. Wat moet jy weet van vlak 2? Jy mag sigarette koop. Jy mag drank koop by drankwinkels Maandag tot Donderdag 09:00 tot 17:00. Restaurante en ander gelisensieerde plekke vir drankverbruik op die perseel mag nou weer drank bedien, Jy moet steeds by …

Van vandag, Dinsdag 18 Augustus is die hele land op vlak 2 inperkingsregulasies.

Wat moet jy weet van vlak 2?

  • Jy mag sigarette koop.
  • Jy mag drank koop by drankwinkels Maandag tot Donderdag 09:00 tot 17:00.
  • Restaurante en ander gelisensieerde plekke vir drankverbruik op die perseel mag nou weer drank bedien,
  • Jy moet steeds by jou huis wees tussen 22:00 en 04:00 daagliks want die aandklokreĂ«l geld.
  • Sportwedstryde sal nou weer plaasvind maar sonder toeskouers.
  • Jy mag tussen provinsies reis en enige binnelandse vlug onderneem, maar geen buitelandse vlugte vir plesier nie.
  • Jy mag kuier.
  • Gimnasiums mag oop wees maar nie meer as 50 mense kan tegelykertyd in die gimnasiums wees nie en gesondheids- en veiligheidsregulasies moet nagekom word.
  • Jy kan weer strand toe gaan, parke besoek, museums, biblioteke en kunsgalerye mag oop wees.
  • Toerisme heropen met alle akkommodasie fasiliteite en toeroperateurs wat weer hul bedrywighede mag hervat maar onthou dat daar steeds ‘n beperking op die hoeveelheid mense op ‘n perseel of toer is. Riglyne sal gepubliseer word.
  • Begrafnisse, samekomste en kerkbyeenkomste word steeds beperk tot net 50 mense.
  • Jy mag ook weer gaan fliek, casino en teater toe gaan en konserte bywoon, maar bywoning word ook tot 50 mense beperk en kaartjieverkope moet aanlyn hanteer word.

 

 

Related Articles

Back to top button