NewsNews

So sal ons Dix Smook onthou

So sal ons Dix Smook onthou

Hy was ’n “no nonsens” man. ’n Kranige jagter, maar wat ook na aan die natuur geleef het. Bewaar het. 

So het hy verskeie toere vir buitelanders na die Kruger Park gelei.

Sy groentetuin was sy trots en as kranige kok het hy graag sy kookvernuf op die proef gestel – altyd kon spog met ’n lekker wildsgereg of ’n stukkie biltong.

Dix Smook was trots op sy dorp en sy mense.

’n Stigter van die Big Bore Association meer as 20 jaar gelede, en ’n kundige en bekende waar dit gekom het by die herlaai van ammunisie. ’n Stokperdjie wat sy pad met baie sou laat kruis het vir wie hy ammunisie herlaai het.

“Master chef” as dit by stokery gekom het, ’n leeftydlange vriend en ’n man met soveel karakter.” So beskryf sy jarelange vriend Nic van Rensburg hom saam met wie hy destyds grens toe is en saam met wie hy in dieselfde eenheid gedien het voordat hy later permanent by die staande mag sou aansluit en uiteindelik as luitenenant-kolonel af te tree.

Dix is op 14 Augustus in 1 Militêre Hospitaal in Pretoria oorlede aan sy hart, op die ouderdom van 76 jaar. Sy roudiens word  Vrydag 21 Augustus, om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk in Parys gelei.

Dix was vir nagenoeg 20 jaar ’n Parysenaar, en is in Junie vanjaar na sy seun en skoondogter, Barend en Ilze, in Cullinan. Sy plek by die Memorable Order of Tin Hats (Moths) Barrage Shellhole is leeg, maar sy liefde vir dit wat hom na aan die hart gelê het, sal hulle wat na aan hom was, bybly.

So ook die kampvuurstories wat hy kon vertel oor sy dae in die weermag se vervoerafdeling.

Dix word oorleef deur sy dogter Yolanda en seun Barend, asook vier kleinkinders.  

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button