NewsNews

Ongelooflike samewerking te midde van vlammeverwoesting

Ongelooflike samewerking te midde van vlammeverwoesting

Ongelooflike samewerking is verlede week gesien toe ‘n brand Vrydagoggend net na 11:00 net buite Parys begin woed het, en genadeloos deur sterk wind wat teen sowat 20km/h gewaai het, al langs die Parys/Vredefort-pad aangedryf is.

Talle boere het onmiddellik hulp verleen en was daar groot lof vir die wyse waarop daar op die toneel saamgewerk is, asook vir die koördinering deur die Vaal Eden Brandvereniging. Van die boere wat die swaarste geraak is, is Adriaan Strong en Wessie Wessels met na raming 600 ha se weiding en oesreste wat gebrand het, asook sowat 13ha mielies van Colin Reitz wat gebrand het,

By Dawie le Roux van Skulpspruit het twee Quad motorfietse gebrand en het hy skade aan nageoeg 5ha se mielies wat nog geoes moes word. Die brand is net voor 17:00 gestuit. Dankie aan elkeen wat op die toneel gehelp het. Brandgevaar tydens die wintermaande is baie hoog en kan katastrofiese gevolge hê, veral wanneer die wind brandrisiko verhoog. Wees daarom asseblief versigtig wanneer vuur gemaak word.

Lees ook 

https://www.citizen.co.za/parys-gazette/41032/fire-danger-high-please-take-note-of-this-weeks-forecast/  

Related Articles

Back to top button