News

Egpaar sterf, dogtertjie ernstig beseer ná botsing

‘n Egpaar van Fochville is gister, Maandag 10 Augustus oorlede, en hul 7-jarige dogtertjie  kritiek beseer na  hul Toyota Fortuner met ‘n vragmotor  by die Potchefstroom/Vanderbijlpark kruising op die R500 tussen Parys en Fochville gebots het. Die man en vrou is op die toneel oorlede. Die dogtertjie is met veelvuldige beserings per lugambulans na die …

‘n Egpaar van Fochville is gister, Maandag 10 Augustus oorlede, en hul 7-jarige dogtertjie  kritiek beseer na  hul Toyota Fortuner met ‘n vragmotor  by die Potchefstroom/Vanderbijlpark kruising op die R500 tussen Parys en Fochville gebots het.

Die man en vrou is op die toneel oorlede. Die dogtertjie is met veelvuldige beserings per lugambulans na die Netcare Unie-hospitaal in Alberton vervoer. Haar toestand was vanoggend stabiel.

Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.

Dankie aan die nooddienste van Parys, Fochville nooddienste en brandweer, ER24, GPF lede van Fochville en lede van die Rooikat patrolliegroep wat hulp op die toneel verleen het.

  • Ons opregte medelye aan die familie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button