Egpaar sterf, dogtertjie ernstig beseer ná botsing
‘n Egpaar van Fochville is gister, Maandag 10 Augustus oorlede, en hul 7-jarige dogtertjie kritiek beseer na hul Toyota Fortuner met ‘n vragmotor by die Potchefstroom/Vanderbijlpark kruising op die R500 tussen Parys en Fochville gebots het. Die man en vrou is op die toneel oorlede. Die dogtertjie is met veelvuldige beserings per lugambulans na die …

‘n Egpaar van Fochville is gister, Maandag 10 Augustus oorlede, en hul 7-jarige dogtertjie kritiek beseer na hul Toyota Fortuner met ‘n vragmotor by die Potchefstroom/Vanderbijlpark kruising op die R500 tussen Parys en Fochville gebots het.
Die man en vrou is op die toneel oorlede. Die dogtertjie is met veelvuldige beserings per lugambulans na die Netcare Unie-hospitaal in Alberton vervoer. Haar toestand was vanoggend stabiel.

Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.
Dankie aan die nooddienste van Parys, Fochville nooddienste en brandweer, ER24, GPF lede van Fochville en lede van die Rooikat patrolliegroep wat hulp op die toneel verleen het.
- Ons opregte medelye aan die familie.




