
Onthou die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se mobiele skenkerssentrum is van vandag, Dinsdag 11 Augustus tot Donderdag 13 Augustus in die dorp by die Palm Gate sentrum, h/v Buiten- en Waterstraat. Jy sal hier kan bloedskenk van 11:00 tot 18:00.

Die doelwit is om 150 eenhede bloed in te samel.
Onthou asseblief dat daar ook steeds vandag, 11 Augustus, soos gewoonlik by die Hervormde Kerk se kerksaal, h/v Loop- en Paulsenstraat in Parys bloed geskenk kan word vanaf 11:00 tot 18:00.
Daar wag ‘n verrassing op elke bloedskenker as blyk van waardering vir die onbaatsugtige daad om bloed te skenk vir ander in nood.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



