Jakkie Glad, geliefde sakeman van Parys, is vanoggend 9 Augustus, in die Emfuleni Mediclinic oorlede. Hy was 50 jaar oud.
Jakkie en sy vrou, Suzette, het ongeveer 5 jaar gelede Parys hul tuiste gemaak waar hulle die onderneming ABDI Electrical bedryf het.
Vir Jakkie en Suzette het hul kliënte oor jare soos familie geword, en was hy besonder geliefd onder elkeen met wie sy paaie gekruis het.
Jakkie word oorleef deur Suzette, sy susters, famile en vriende.
“Hy is waar ons almal strewe om eendag te wees al is dit swaar vir hulle wat hy agterlaat en wie se harte stukkend is. Ons weet jy is nou pynvry en sal jou altyd onthou as ‘n kind van die Here.”
Omdat streng regulasies tydens vlak 3 inperking geld ook rondom begrafnisse, sal net sy naaste familie daar kan wees om van hom afskeid te neem.
Ons innige medelye met Suzette en sy familie.