News
Wees asseblief versigtig wanneer jy vuur maak
Daar moes vanoggend (Sondag 9 Augustus) van net na 24:00 tot voor 05:00 brand geslaan word nadat die veld langs Allenbystraat oënskynlik kwaadwillig aan die brand gesteek is. Die brand is onder beheer gebring en daar is voorbrand gemaak teen die grondpad. Parys Sekuriteit, CSS en We Care het hulp op die toneel verleen. Vanoggend …

Daar moes vanoggend (Sondag 9 Augustus) van net na 24:00 tot voor 05:00 brand geslaan word nadat die veld langs Allenbystraat oënskynlik kwaadwillig aan die brand gesteek is.
Die brand is onder beheer gebring en daar is voorbrand gemaak teen die grondpad. Parys Sekuriteit, CSS en We Care het hulp op die toneel verleen.
Vanoggend vroeg het dit egter tussen die rioolwerke en sandgat teen die rivier terug Breëstraat se kant toe gebrand en word die situasie gemonitor.
Wees asseblief versigtig wanneer jy vuur maak veral noudat die veld droog is en wind bykomende brandgevaar skep.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



