News

#WysJouWoord vir Afrikaanse taaldag!

#WysJouWoord vir Afrikaanse taaldag!

Moeg van by die huis rondsit terwyl die skole gesluit is? Raak kreatief in Afrikaans en illustreer jou gunstelingwoord.
Alle leerders 18 jaar en jonger word uitgenooi om aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Afrikaanse Taaldag-kompetisie deel te neem. Beeld jou gunsteling woord in Afrikaans op enige kreatiewe manier uit (teken, verf, neem ‘n foto, ens.) en plaas ‘n foto daarvan op Instagram of Facebook met die hutsmerk #wysjouwoord en koppel @diewoordeboek aan jou foto.
Tien deelnemers word die trotse eienaars van hulle gunstelingwoord met ‘n sertifikaat met hulle naam en woord vanaf die WAT.
Die wenner kry ook ‘n jaar se toegang tot die Aanlyn WAT. Die kompetisie sluit op 14 Augustus 2020.
Hou die WAT se sosiale media dop vir inskrywings by: instagram.com diewoordeboek/ of facebook.com/diewoordeboek.
Komaan, raak kreatief en #wysjouwoord!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button