Boere staan saam teen vlamme verwoesting
Ten spyte van sterk wind wat die vlamme genadeloos aangedryf het het boere van letterlik oraloor verbete geveg teen die vlammehel wat sedert ongeveer 12:00 vanmiddag gewoed het tussen Parys en Vredefort. Die brand het aanvanklik net buite Parys begin en is deur die wind in ‘n oogwink gedryf tot verby die Boepensie padstal langs …
Ten spyte van sterk wind wat die vlamme genadeloos aangedryf het het boere van letterlik oraloor verbete geveg teen die vlammehel wat sedert ongeveer 12:00 vanmiddag gewoed het tussen Parys en Vredefort.
Die brand het aanvanklik net buite Parys begin en is deur die wind in ‘n oogwink gedryf tot verby die Boepensie padstal langs die Vredefort-pad.
Dit kan op hierdie stadium nog nie bevestig word hoeveel hektaar alreeds gebrand het of wat die omvang van die skade is nie.
Maar wat uitstaan is die ongelooflike samewerking van ‘n gemeenskap in ‘n tyd van nood.
Ons dank aan Micha Viljoen en We Care vir die foto’s.
‘n Ongelooflike gesig van hoe ‘n gemeenskap kan saamwerk.
You can read the full story on our App. Download it here.