NewsNews

Broodjiedag: Mense gee uit hul harte

VVA sê dankie aan elkeen wat die projek ondersteun het.

Liezl Scheepers
Wanneer dit winter is, is jy geneig om ekstra honger te wees. Veral saans wanneer dit koud en donker word.
Ons hoef nie ver te gaan soek om nood en ellende te sien nie. In Parys is die nood by die dag groter. Hoe bitter moet dit nie wees om ’n kind honger bed toe te stuur nie, of sonder ontbyt skool toe nie? En tog is selfs net ’n brood wat vir baie van ons dalk geen luukse is nie, onbekostigbaar vir talle wat nie het nie.
Dit is waarom Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) jaarliks die Broodjiedag-projek aanbied om ten minste seker te maak dat daar in elke huis waar nood is, ’n brood sal wees.
Ten spyte van baie uitdagings te midde van beperkings weens die Covid-19 pandemie, is daar deurgedruk om vanjaar op 24 Julie die gebruiklike Broodjiedag by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys te kon hou.

Waar daar in die verlede baie staatgemaak is op die ondersteuning van skole vir die projek, moes daar egter weens inperkingsregulasies, ’n ander aanslag gebruik word.
Vanjaar is die projek hoofsaaklik op sosiale media gedryf, en was die ondersteuning van die Parys-gemeenskap ongelooflik.
’n Totaal van 120 brode is uit die gemeenskap ontvang en sê VVA dat mense vanjaar uit hul harte gegee het. “Daar het donasies van gesinne ingekom, wat ons weet waar dit self swaar gaan en elke rand twee keer omgedraai moet word. Ons is baie trots op ons Parys-gemeenskap.”
VVA sê dankie aan elkeen wat die projek ondersteun het.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button