News

Pa vermoor na bewering peuter (2)

Pa vermoor na bewering peuter (2)

Die pa van ‘n twee jarige dogtertjie is vanoggend (3 Augustus) naby Rustenburg in verband met die moord op sy kind in hegtenis geneem.

Volgens Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het die man homself in die huis saam met die dogtertjie toegesluit. Die ma en ses-jarige seun het uit die huis uit gevlug nadat die man glo die ma aangerand het.

“Die man het verskeie goedere in die huis gebreek. ‘n Polisieonderhandelaar is na die toneel ontbied maar die verdagte het nie saam gewerk nie. Hy is uiteindelik deur die taktiese reaksiespan in hegtenis geneem. Beamptes het die kind se lyk in die huis gevind. Dit blyk dat sy veelvuldige steekwonde opgedoen het,” het  Mokgwabone gesê.

Die man is onder polisiebewaring by ‘n hospitaal opgeneem. Hy sal na verwagting binnekort op aanklag van moord in die landroshof in Rustenburg verskyn. Die provinsiale kommisaris, Lt. Gen. Sello Kwena het sy skok oor die moord  uitgespreek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button