NewsNews

5 530Km virtuele optog teen plaasmoorde

5 530Km virtuele optog teen plaasmoorde

‘n Virtuele optog teen plaasmoorde sal in Augustus deur TLU SA gehou word.

Die optog word beplan vir 14 Augustus waartydens daar 5 530 km binne 24 uur virtueel gestap sal word. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle sedert 1990 waartydens gesinne en werkers se lewens uitmekaargeruk is,sê Henry Geldenhuys, die organisasie se adjunkvoorsitter en voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee.

Mense wat wil deelneem kan aanlyn op TLU SA se webblad registreer. Die doel van die optog is juis om bewusmaking te skep van die toename en brutaliteit van plaasaanvalle.

Geldenhuys sê sedert Januarie vanjaar is reeds 180 plaasaanvalle en 35 moorde deur TLU SA aangeteken.

Hy sê ook plaasaanvalle hou ‘n groot bedreiging in vir voedselsekerheid in SA.

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button