NewsNews

5 530Km virtuele optog teen plaasmoorde

5 530Km virtuele optog teen plaasmoorde

‘n Virtuele optog teen plaasmoorde sal in Augustus deur TLU SA gehou word.

Die optog word beplan vir 14 Augustus waartydens daar 5 530 km binne 24 uur virtueel gestap sal word. Elke kilometer verteenwoordig een van die plaasaanvalle sedert 1990 waartydens gesinne en werkers se lewens uitmekaargeruk is,sê Henry Geldenhuys, die organisasie se adjunkvoorsitter en voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee.

Mense wat wil deelneem kan aanlyn op TLU SA se webblad registreer. Die doel van die optog is juis om bewusmaking te skep van die toename en brutaliteit van plaasaanvalle.

Geldenhuys sê sedert Januarie vanjaar is reeds 180 plaasaanvalle en 35 moorde deur TLU SA aangeteken.

Hy sê ook plaasaanvalle hou ‘n groot bedreiging in vir voedselsekerheid in SA.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button