NewsNews

So lyk die nuwe skoolkalender

So lyk die nuwe skoolkalender

Matrikulante regoor die land was Maandag 3 Augustus weer terug op die skoolbanke, en sal graad 7’s op 10 Augustus terug wees. Die nasionale departement van onderwys het ook reeds aangekondig dat alle sal ander grade op 24 Augustus terugkeer skool toe.
Skole sal vanjaar op 15 Desember vir graad R tot graad 11 leerders sluit, en sal dit ook die datum wees waarop matrikulante hul laaste vraestel sal skryf.
Daar sal wel nog ’n kort vakansie vir leerders wees van 26 tot 30 Oktober om die derde en vierde kwartaal te skei.
Die skoolkalender wat nou reeds twee keer hersien is, sal nou in die staatskoerant publiseer word, en sê die onderwysdepartement dat die skooljaar wel teen 15 Desember voltooi sal wees met geen werk wat na die 2021 skooljaar oorgedra word nie.
Die 2021 skooljaar skop af op 25 Januarie.
Matriekuitslae vir die 2020 matrikulante sal op 23 Februarie 2021 bekend wees.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button