News

Motorfietsryer ernstig beseer op Barrageweg

Motorfietsryer ernstig beseer op Barrageweg

Die bakkie wat in die ongeluk met die motorfiets betrokke was. Foto’s: CHASE

Die bestuurder van die motorfiets is glo ‘n lid van die bekende Mac’s Motorfietsklub van die dorp. Sy identiteit, asook die van die bestuurder van die voertuig wat in die ongeluk betrokke was, kon nog nie bevestig en bekend gemaak word nie. Wat tot die oorsaak van die ongeluk gelei het, asook hoe ernstig die betrokkenes beseer is, is ook nog nie bekend nie.

ER24 se nooddienspersoneel is reeds na die ongelukstoneel ontbied en daar was reeds verkseie omstanders wat hulp probeer verleen het. Van die ander lede van die motorfiesklub was ook op die toneel.

Meer inligting sal later veskaf word soos wat ontvang word.

Die beseerde motorfietsryer lĂȘ in die veld met van sy vriende wat om hom staan en wag dat die nooddienste opdaag.

Die motorfietswrak wat eenkant in die veld lĂȘ.

Verskeie ander motorfietsryers was op die toneel.

https://vaalweekblad.com/69437/motorfietsryer-ernstig-beseer-op-barrageweg/

Related Articles

Back to top button