Waar jy vroeër ingevolge die aandklokreël 21:00 tuis moes wees, gaan Suid-Afrikaners nou ‘n uurtjie later kan uitbly tot 22:00.
Die aankondiging is vandag deur die direkteur-generaal van die departement van toerisme gemaak toe gesé is dat die restaurantbedryf ‘n voorlegging gemaak het waarin gesê is mense eet normaalweg by restaurante om 20:00. ‘n Uur grasie op die aandklokreël gee mense dus bietjie meer tyd om by die huis te kom – so ook vir restaurant werknemers. Die huidige aandklokreël het veral restaurante swaar getref tydens hul besigste tyd van die dag.
Ongelukkig bly die verbod op die verkoop en verspreiding van alkohol egter nog van krag.
Nog goeie nuus is dat hoewel jy steeds nie sonder permit oor provinsiegrense kan reis nie, jy darem nou vir jou plesier binne jou provinsiegrense sal kan reis.
Plaaslike sakereise word ook reeds toegelaat.