
‘n Man is Maandagaand (27 Julie) dood nadat die voertuig waarin hy was op die Potchefstroom/Parys-pad gerol het.
Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, is drie ander mense ook tydens die ongeluk beseer.
“Paramedici het saam met die JB Marks brandweer omstreeks 20:00 op die toneel gekom. Die voertuig was langs die pad, ‘n man was binne die voertuig vasgevang. Die ander mense was buite die voertuig,” het Meiring gesê.
Volgens hom het die man wat binne die voertuig vasgkeer was geen teken van lewe getoon nie en is dood op die toneel verklaar.
Die drie ander insittendes, twee vroue en ‘n man het slegs matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle hospitaal toe vir verdere behandeling geneem is.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.





