NewsNews

Laat waai vir Bybels met virtuele wedloop

Jy kan help om ‘n verskil in mense se lewens te maak deur aan die inisiatief deel te neem.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vier op Sondag, 23 Augustus sy 200ste bestaansjaar in Suid-Afrika. Jy kan dit saam vier deur aan die virtuele Hardloop-en-Stap vir Hoop-geleentheid deel te neem.
Deelnemers kan kies wanneer oor die naweek van 22 en 23 Augustus hulle die afstand van 5km, 10km, 21 km of 42km wil aflê.
Die geleentheid bied iets vir almal. Of jy nou daagliks ‘n rustige stappie geniet of ‘n ernstige atleet is – jy het die opsie om die afstand van jou keuse enige tyd tydens die twee dae te voltooi.
Die inskrywingsgeld is R100 vir die 5 km en R150 vir die res van die afstande.
Deelnemers kan ook ‘n bykomende donasie gee wanneer hulle aanlyn inskryf.
Fondse wat ingesamel word, is ter ondersteuning van die Bybelgenootskap se 2 Miljoen Bybels-projek.
Die doel van die projek is om hoop te gee deur die verspreiding van twee miljoen Bybels en twee miljoen stelle Bybelgebaseerde geletterdheidsboekies aan Suid-Afrikaners wat dit nie kan bekostig nie. Lees meer oor die 2 Miljoen Bybels-projek by https://www.modernathlete.co.za/run-walk-for-hope-race/
Jy kan help om ‘n verskil in mense se lewens te maak deur aan die inisiatief deel te neem.
Om in te skryf, volg die skakel https://www.modernathlete.co.za/run-walk-for-hope-race/

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button