Stryd nog lank nie verby vir moedige klein Leonel
Daar sal nou eers Maandag geopereer kan word op die 4-jarige Leonel Riekert van Parys se linkeroog. Die operasie sou aanvanklik vandag, Dinsdag 28 Julie gedoen word, maar is toe onder narkose vasgestel dat daar katarakte gevorm het weens die trauma op haar oog toe sy op 2 Junie met ‘n skêr in haar handjies …
Daar sal nou eers Maandag geopereer kan word op die 4-jarige Leonel Riekert van Parys se linkeroog. Die operasie sou aanvanklik vandag, Dinsdag 28 Julie gedoen word, maar is toe onder narkose vasgestel dat daar katarakte gevorm het weens die trauma op haar oog toe sy op 2 Junie met ‘n skêr in haar handjies geval en dit haar wang gepenetreer en haar linkeroog ernstig beseer het.

Daar sal nou Maandag ‘n lensoorplanting vir haar gedoen word waarna verder gepoog sal word om die sig in haar oog te herstel.
Dit sal dan reeds die derde operasie wees sedert haar ongeluk.
Vir Leonel is die pad na herstel nog baie lank wat sy saam met vitreo-retinale spesialis, dr. Bernard Wolff, sal moet stap.
En benewens die pad wat sy en haar ouers alreeds geloop het, bring die Covid-19 pandemie nog verdere uitdagings en moes hulle eers op 24 Julie vir Covid-19 getoets word en 4 dae self-isoleer as voorwaarde voor sy vandag gehospitaliseer kon word. Hulle moet nou weer self-isoleer todat sy Maandag geopereer word.





