NewsNews

Covid-noodnommer toe oorval met oproepe vir selfoonkontrakte en wat meer

Oepsie - hulplyn toe sommer Covid-noodnommer

Vodacom-kliënte wat die afgelope maande hulp nodig gehad het met van selfoonkontrakte  en wat meer, moes tot hul verbasing uitvind dat hulle pleks van die Vodacom hulplyn, toe by die nasionale Covid-19 noodnommer uitgekom het.

Daar sal nou ‘n ander nommer nommer gekry moet word vir die  Covid-19 noodnommer nadat dié  111-nommer, wat toe eintlik Vodacom se hulplyn is, in April in die staatskoerant gepubliseer is as synde die gratis nommer om te skakel vir nasionale Covid-19 noodgevalle.

Die nommer sou ook volgens die aanvanklike aankondiging vir drie maande geldig wees.

Die tammeletjie kom daarby dat daar nie vooraf geleentheid was vir klagtes of om met diensverskaffers te praat nie.

Okasa het nou diensverskaffers en die publiek 7 dae kans gegee vir beswaar teen die nommers 103, 104, 105, 106, 18 en 139 wat nou oorweeg word vir Covid-19 verwante noodgevalle.

Die 111 noodnommer word dan onttrek as Covid-19 noodnommer.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button