NewsNews

Meer as 100 Witrand-pasiënte nou virusvry

Meer as 100 Witrand-pasiënte nou virusvry

Sedert die koronavirus vroeg in Junie by Witrand psigiatriese hospitaal uitgebreek het, het die infeksietelling by pasiënte effens gestyg. Van al die pasiënte in saal-3 en -4 het aanvanklik 100 pasiënte positief getoets. Die meeste hiervan was asimptomaties.

Koketso Diloane, kommunikasiewoordvoerder van Witrand, het vroeër die week aangekondig dat 103 pasiënte nou virusvry is. Daar is op die oomblik 10 pasiënte wat simptome van Covid-19 toon, maar niemand het tans nodig om in die waakeenheid opgeneem te word nie.

Sover het vyf pasiënte en een personeellid aan die virus gesterf.

ʼn Administrateur van Noordwes Gesondheid, Jeanette Hunter, het verlede Sondag, 19 Julie Witrand besoek om die infrastruktuur en diensleweringsprogramme van die hospitaal te evalueer. Die besoek was deel van ʼn uitgebreide toer na verskeie hospitale in die noordwes – onder meer Ventersdorp, Potchefstroom Hospitaal, Klerksdorp en Tshepong Hospitaal.

By Witrand word saal 2 blok C, G en E tans as isolasie-eenhede gebruik vir binnepasiënte wat positief vir Covid-19 toets.

Diloane herinner buitepasiënte wat afsprake geskeduleer het om by hulle afsprake te hou. Diegene wat nie hul afsprake kan bybring nie, weens onvoorsiene gebeure of Covid-19, word gevra om alternatiewe reëlings met die hospitaal te tref sodat daar ʼn kontinuïteit in die inname van hul voorgeskrewe medikasie is.

Die hospitaal doen ook ʼn beroep op alle buitepasiënte wat die hospitaal besoek om aan die institusionele Covid-19 regulasies te voldoen wat die dra van ʼn masker, verpligte siftingsproses, sanitasie en die toepaslike sosiale distansiëring insluit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button