NewsNews

Lizz Meiring sal vir R10 000 in PAWS se hokke oornag

Lizz Meiring sal vir R10 000 in PAWS se hokke oornag

PAWS is bekend vir hulle barmhartigheid en onbaatsugtige taak om elke dag honderde diere te versorg wat sonder heenkome is.
Dit gaan nie ongesiens verby met die bekende aktrise en vermaaklikheidster, Lizz Meiring, wat ook gaan betrokke raak om fondse vir PAWS in te samel.
Meiring het die afgelope Maandag op sosiale media aangekondig dat sy bereid is om ‘n nag in PAWS se hokke te gaan slaap vir elke R10 000 wat vir die organisasie ingesamel word.
“Vir elke R10 000 geskenk aan PAWS sal ek in Augustus (my bydrae vir Vrouemaand) ‘n nag in PAWS se ‘kennels’ gaan slaap.
“Ek sal darem nou nie saam met Herman (van der Sluis), die bestuurder en Darren (Kruger), voorsitter van die direksie, in ‘n ‘kennel’ slaap nie.
“Mevrou van Voorsitter en Mevrou van Bestuurder – ek is ‘n ordentlike ‘tefie’,” het Meiring spottend genoem. Meiring se een hondjie, Volpina, wat sy aangeneem het, kom ook van PAWS af.
Elke diertjie het die gemeenskap se hulp nodig en om alles by PAWS in stand te hou, moet fondse ingesamel word. Volgens PAWS se bestuurder, Herman van der Sluis, het hulle besluit om hierdie kreatiewe fondsinsameling te begin, aangesien die inperking dit moeilik maak om hulle normale fondsinsameling gedurende die jaar te doen.
“Ons het besluit dat ek en Darren in ‘n hok sal slaap vir elke R5 000 wat voor 31 Julie ingesamel is. So as daar byvoorbeeld R20 000 ingesamel is, sal ons vier nagte in die hokke by PAWS slaap,” het hy verduidelik.
“Ons is ook bly en dankbaar dat Lizz betrokke is en so kan daar meer mense bewus raak van ons nood omdat sy baie aanhangers het,” het hy bygevoeg.

Skenkings kan in die volgende rekening inbetaal word:
Potchefstroom Animal Welfare Society
Nedbank: Tjekrekening
Rekeningnommer: 115 665 0747. Verwysing: PAWS Sleepover

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button