News

Kyk hoe lyk dit nou by die dam

Kyk hoe lyk dit nou by die dam

Liezl Scheepers
Inwoners het nou self die hand aan die ploeg geslaan en vir twee volle dae gewerskaf om skoon te maak aan Uniestraat-kant by die Rooidam in Derdelaan.

Volgens Carien Viljoen het sy en Dirk Kotze sr. en jr. besluit om hier te ontbos en skoon te maak, omdat die toegegroeide omgewing by die dam ’n veiligheids- en brandrisiko ingehou het vir mense in dié omgewing.

So het dit voor die tyd gelyk.

Boonop het baie dit as ‘n stortingsterrein vir allerlei rommel gebruik.

Hul skoonmaakaksie het reeds vrugte afgewerp en is daar kort nadat daar skoongemaak is, ’n man vir die diefstal van draad in hegtenis geneem. Die arrestasie was ook danksy die vinnige
optrede van sekuriteitspersoneel.

Hulle hoop nou inwoners van Wesstraat en Derdelaan volg hul voorbeeld en help om hier skoon te hou. Dankie aan Coastal Hire wat die bossiekapper vir ’n dag vir
die projek geborg het.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button