NewsNews

Derde operasie wag vir klein Leonel

Derde operasie wag vir klein Leonel

Die 4-jarige Leonel Riekert sal op 28 Julie weer geopereer word wanneer daar verder gepoog sal word om die sig in haar
linkeroog te herstel.

Die dapper jong dogtertjie se lang pad na herstel het mense se harte aangeraak, sedert die fratsongeluk op 2 Junie, toe haar ogie ernstig beseer is nadat sy geval het met ’n
skêr in haar hand en dit haar wang gepenetreer en haar ogie ernstig beseer het.

Sedert daardie angs-dag het Leonel reeds twee operasies ondergaan. Na die ongeluk het oogspesialis, dr. Corné Gouws op haar geopereer om die
wond toe te maak, waarna vitreo-retinale spesialis, dr. Bernard Wolff by die Johannesburgse Ooghospitaal die tweede operasie gedoen het waar gesien kon word wat werklik die skade aan haar retina is, en begin kon word met die herstelwerk aan haar retina. Maar dit is ‘n baie lang pad wat nog vir Leonel voorlê.

Hoewel die dokter tevrede is met haar vordering, kan sy nog net lig onderskei met haar linkeroog. Die oog self het mooi herstel. Die hoop is dat die operasie op 28 Julie moontlik nog ‘n tree nader sal wees om die sig in haar oog te herstel.

Benewens die pad wat Leonel en haar ouers reeds geloop het, bring die Covid 19-virus pandemie ook sy eie uitdagings, en moet hulle eers op 24 Julie voordat sy opgeneem kan word, vir Covid-19 getoets word as voorwaarde voor hospitalisasie, en dan vier dae self-isoleer. Leonel se mediese sorg en behandeling is moontlik gemaak danksy die ongelooflike oop harte van mense wat sonder huiwer bygedra het nadat daar berig is oor Leonel se ongeluk. Hulp waarvoor haar ouers, André en Mari, ongelooflik dankbaar is, omdat hulle nie ‘n mediese fonds het nie. Dankie aan elkeen wat steeds in gebed, met ’n oproep of boodskap, vir Leonel en haar ouers bystaan.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button