NewsNews

R1,7m SA-rekord vir dié Boran-bul

R1,7m SA-rekord vir dié Boran-bul

‘n Nuwe SA-rekord vir ras, en ’n rekord vir die tweede duurste bul ooit in SA verkoop, is die afgelope naweek in Parys tydens die Nasionale Boran-veiling behaal.

Die bul van Wessel Meyer (eienaar en teler) van Meybor Borane is vir nie minder nie as R1,7 miljoen aan Jaco van der Walt verkoop.

Die duurste koei en kalf op die veiling is vir R350 000 aan Hurwitz Farming verkoop. Die verkoper was Stompie Olivier.

Die duurste dragtige koei is vir R130 000, en die duurste dragtige vers vir R180 000 verkoop.

Vleissentraal het die veiling by die AfriDome in Parys gehou, met Johan van der Nest as afslaer.

Die veiling is ook aanlyn met behulp van Swiftvee gehou.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button