News

Die balle rol weer…

Spelers juig na klub se bane weer oop is.

Daar was beslis groot opgewondenheid Woensdag by Parys-rolbalklub toe die balle vir die eerste keer in vier maande weer op die baan kon rol na die aankondiging van die nasionale staat van inperking .

Sportklubs kon onder vlak 3 inperkingsregulasies weer heropen mits aan baie streng voorwaardes voldoen is.

Rolbal Suid-Afrika het Dinsdag ook die plaaslike klub besoek om seker te maak alle gesondheids- en veiligheidsmaatreëls is in plek, en het die klub ‘n ja gekry om weer van vandag, Woensdag 22 Julie, sy bane oop te maak.

Daar moet egter streng gehou word by die reëls ten opsigte van sosiale afstand, sanitering en reëls ten opsigte van die hantering van die balle. Kuier na spel is ook nog taboe.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button