CommunityEntertainmentNewsNewsPhoto Galleries

Sou jy graag wou speel in ‘n produksie by AARDKLOP?

Toneelgeskiedenis word vanjaar tydens die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom gemaak wanneer gewone lede van die publiek die geleentheid kry om as ekstras op te tree in een van die grootste toneelopvoerings by Aardklop.

Toneelgeskiedenis word vanjaar tydens die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom gemaak wanneer gewone lede van die publiek die geleentheid kry om as ekstras op te tree in een van die grootste toneelopvoerings by Aardklop.

In die produksie,  “Die WaarsĂȘer”,  gaan deelnemers die verhoog
deel met bekende akteurs soos David Reese, Neels Clasen en Anna Davel. Ekstras word gereeld in flieks en televisiereekse, gebruik, maar nou gaan
dit ook op die teaterverhoog gebeur.Jy kan die verhoog deel met bekende akteurs soos David Reese, Neels Clasen, Hannes BrĂŒmmer en Anna Davel.
Ervaar die adrenelieninspuiting voor die gordyn oopgaan en die buiging en applous aan die einde van die vertoning.

Ekstras word gereeld in flieks en televisiereekse, gebruik, maar nou gaan dit ook op die teaterverhoog gebeur. Deur hierdie projek wil ons
belangstelling in Afrikaanse teater prikkel en dit toeganklik maak vir almal.

Deelnemers vorm deel van die groep dorpenaars wat bymekaar is in die rugbyklubhuis waar ‘n groot deel van die stuk afspeel. Kort of lank, dik
of dun, oud of jonk (ouer as 16 en jonger as 90), manlik of vroulik is welkom om in te skryf. Geen drama-agtergrond of -ondervinding is nodig
nie.  Bespreek net ‘n kaartjie vir enige van die 5 vertonings van “Die WaarsĂȘer” en stuur jou inskrywingsvorm in. Indien verkies, kan persone as
pare inskryf. Nooi jou vriend, niggie, neef, buurvrou of gade om saam met
jou in te skryf.

Gaan na die webwerf  www.windgat.co.za vir meer inligting en die inskrywingsvorm. Die persone wat gekies is sal op 1 Oktober daarvan in
kennis gestel word.

Wees avontuurlustig en skryf sommer nou in; so ‘n unieke geleentheid kom nie baie keer voor nie!

Agtergrond van “Die WaarsĂȘer”:

“Die WaarsĂȘer” is meer as net ‘n storie. Dis gegrond op ware gebeure wat in die laat 1950’s op die klein dorpie Amersfoort afgespeel het. Dis die
verhaal van  Kiewiet Vogel (gespeel deur David Rees), ’n middeljarige dronklap wat sy brood verdien deur los werkies te doen.  Dit bring mee dat
hy oral in dorpenaars se huise kom en waar hy ook al werk, kom hy mense se geheime agter. Niemand steur hulle egter aan Kiewiet nie, want hulle
onderskat sy intelligensie en waarnemingsvermoë.

Dan word Kiewiet se sinnelose en droomlose bestaan ingrypend verander wanneer die sirkus dorp toe kom en hy skielik deur `n skynbaar toevallige
sameloop van omstandighede hom in die rol van die sirkus se waarsĂȘer bevind. Vermom met ‘n tulband en baard, weet niemand dis Kiewiet nie, maar
hy ken almal – en hy ken hulle geheime. Dit plaas hom in ‘n magsposisie wat hy begin gebruik, soms met skreeusnaakse gevolge.

Ook Kiewiet bly nie onaangeraak deur die gebeure nie. As waarsĂȘer word hy vir die eerste keer ernstig opgeneem deur die gemeenskap. Hy ontdek sy
eiewaarde wat meebring dat sy lewe onherroeplik verander. Deur Kiewiet se katarsis word sekere universele lewensbeginsels subtiel oorgedra. Die stuk
is gesinsvriendelik en ouers kan met vrymoedigheid hulle kinders saamneem.

Die skrywer Barry van Rensburg het reeds bekendheid verwerf met vier komedies: “Annale van ’n windgat”, “Ballade van ’n banggat” (waarvoor
Tobie CronjĂ© ’n FiĂ«sta losgeslaan het), “Jou gat, my skat” en “Die woema van ’n windgat wyfie”.  Met  “Die WaarsĂȘer” bewys Van Rensburg dat hy ook
met sukses ernstige werk kan lewer wat met deernis en humor lewenswaardes uitbeeld.

Resensie deur Paul Boekkooi (by Innibos Kunstefees) by
https://innibos.co.za/nuus/die-waarseer-deur-barry-van-rensburg-resensie-deur-paul-boekkooi-met-fotos-en-video/“

“Die WaarsĂȘer” word tussen 6 en 10 Oktober by Aardklop Nasionale
Kunstefees in Potchefstroom opgevoer. Besprekings by Computicket.

Related Articles

Back to top button