CommunityEntertainmentNewsNewsPhoto Galleries

Parys skud feesvere reg vir Domefees

Vanaf Vrydag 6- tot Sondag 8 November sal die jaarlikse Parys Dome Adventure Festival weer talle sportaktiwiteite aanbied wat Parys onderskei van ander naweekbestemmings in die omgewing.

Vanaf Vrydag 6- tot Sondag 8 November sal die jaarlikse Parys Dome Adventure Festival weer talle sportaktiwiteite aanbied wat Parys onderskei van ander naweekbestemmings in die omgewing.

Met sy prag natuuromgewing van die naby geleë Vredefort Koepel het avontuur toerisme hier buitengewoon goed ontwikkel en is dit presies wat besoekers oor die feestydperk kan kom ervaar.
Adrenalienverslaafdes sal kan kies van tandem-lugspronge by die Parys-vliegveld tot ‘n ware kaskarresies by die Afri Dome waar die hooffees plaasvind.
Die 2-dag gholftoernooi met aantreklike pryse en ‘n Domefees-trofee aan die wenspan vind op Vrydag en Saterdag 6 & 7 November by die gewilde Vaal de Grace Golf Estate plaas. Die baanfooi van R600 per persoon vir albei dae, wat ‘n gholfkarretjie insluit is voorwaar ‘n goeie winskopie. Anatomic Sportswear sal Vrydag laatmiddag ‘n 24km Bergfiets Dual by die Afri Dome aanbied. Aktiwiteite wat deurlopend vanaf Vrydag tot Sondag aangebied word is die Tandem-lugspronge, die normale pret White Water Rafting op die Vaalrivier asook ‘n Selfry 4 X 4 baan by Stonehenge.
Die kaskarresies word in twee kategorieë aangebied wat leerderspanne van Grade 1 tot 3 en Grade 4 tot 6 voor sal kan inskryf . Die immergewilde Off-road Rally vir 4-wiel motorfietse, veldfietse en motors word ook op Saterdag by die Parys-vliegveld omgewing aangebied.
Op Sondag 8 November bied Real Adventures die Freestyle National Kayak kompetisie by Sunwa River Lodge aan, terwyl veldatlete die uitdagende roetes op Deelfontein in die Vredfort Koepel sal toets in die Deelfontein Veldren. Ander aktiwiteite verkuif na die Parys Golf Estate- terrein waar die Parys Boogskietklub ‘n kompetisie sal aanbied terwyl die baie gewilde Dragon Boat Race ook weer vir groot opwinding sal sorg.
Inligting oor bogenoemde aktiwiteite en detail inligting oor die Parys Dome Adventure Festival is beskikbaar op www.domefest.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button