
Teen Dinsdag 14 Julie het Parys reeds 93 positiewe gevalle van Covid-19 gehad, met Vredefort wat toe 8 bevestigde gevalle gehad het, Edenville 7, Heilbron 90, en Koppies 26.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het ook Saterdag 18 Julie syfers bekendgemaak toe die provinsie reeds 9004 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad het, met 57 sterftes en 1 103 mense wat toe reeds herstel het.
Die Fezile Dabi-distrik waarvan Ngwathe deel vorm, het op 18 Julie 1 662 gevalle in totaal gehad waarvan 306 gevalle in Ngwathe was. Die dorpe Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville vorm deel van Ngwathe.
Volgens statistiek is die provinsie se sterftekoers 0.6% tans.
Hoewel meer vroue geinfekteer is (58%), is meer sterftes onder mans (62%) gerapporteer.
Net 12% van jongmense in die provinsie 0.20jr het tot dusver die virus opgedoen.




