News

Elize Cawood: Dit was ‘n voorreg om jou hier te kon hê

Ons salueer jou, Elize, vir jou nalatenskap in elkeen van die karakters wat jy laat leef het. 

Elize Cawood was iemand wat haar talent geleef het. In elke keer as die verhooggordyne vir haar oopgetrek het in die meer as 40 jaar in die vermaaklikheidswêreld. Met elke radiodrama wat sy jou kon intrek in die leefwêreld van haar karakter. Elke boekvoorlesing wat sy meesterlik gedoen het. Elke film waarin sy gespeel het.

Sy was besonders, ongelooflik veelsydig met haar briljante humor.

Haar eie mens. Nooit gepootjie deur ydelheid of sukses nie.

Iemand wat die wêreld om haar ‘n mooier plek gemaak het.

Iemand wat met teerheid onthou sal word vir die mens wat sy was – nie net vir hulle wat saam met haar op die verhoog of op die stel was nie, maar ook vir haar man, kinders en familie.

En dis  hoe ek haar sal onthou toe ons paaie gekruis het in Junie 2019 in Parys waar sy saam met haar akteursman, Wilson Dunster, op die verhoog by The Dog & Fig in die briljante verhoogstuk, Mike & Mavis, opgetree het.

Elize Cawood het Saterdag 18 Julie, in die ouderdom van 68 jaar aan longkanker gesterf waarmee sy in September 2019 gediagnoseer is, so kort na ons ontmoeting.

Dit nadat sy ook in 2006 met servikskanker gediagnoseer is, en dit oorwin het.

Sag en rustig in haar slaap het sy gegaan.

Ons salueer jou, Elize, vir jou nalatenskap in elkeen van die karakters wat jy laat leef het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button