NewsNews

’n Stem vir hulle wat stilgemaak is

’n Stem vir hulle wat stilgemaak is

Vier en veertig dae op die pad, 1 650km ver. Dit is die afstand wat Nuno Miguel Morias, ’n ultramarathon-atleet vir die #ShutSADown Freedom Run sal stap/draf tot by die parlementsgebou in Kaapstad.


Agter hom die voertuig met die gesigte en name van hulle wat geen keuse gehad het nie. Die vele boere wat gesterf het in plaasaanvalle, vroue en kinders wat vermoor en/of verkrag is. En wanneer hy die 400 kopieë van die grondwet van Suid-Afrika aan parlementslede sal oorhandig met die name daarop geskryf van hulle wat so vermoor is, sal daar van die familielede wees. Hulle wat die pyn moes beleef van ’n geliefde wat wreed van hulle weggeneem is.

 


Morné Swart vertel dat hy die #ShutSADown en #OurVoices Facebookblaaie begin het net ’n maand voordat die nasionale staat van inperking in SA ingestel is. Daar is nou reeds meer as 256 000 lede op die blaaie.
Morné was so aangegryp deur die onmenslike wreedheid waarmee die 8-jarige Tazne van Wyk van Elsiesrivier verkrag en vermoor is, dat hy die veldtog begin het om aksie van die regering te eis. Ook deur middel van die Freedom Run. Tazne se liggaam is in ‘n stormwaterdrein naby die N1 in Worcester gevind. Die motor wat Nuno vergesel het foto’s en die name op van hulle wat vermoor is. ’n Hartseer en wrede herinnering aan die reg op lewe wat deur misdaad van sovele ontneem word.

Verlede Donderdag het Nuno Morais en Morne Swart se Freedom Run vir #ShutDownSA en #Our Voices ook deur Parys se hoofstraat beweeg op pad na die parlementsgebou in Kaapstad waar afskrifte van die grondwet met die name van plaasboere, vroue en kinders wie se reg op lewe van hulle weggeneem is, oorhandig sal word. Die foto hieronder is geneem waar  Nuno waar sy voete ‘n welkome ruskans gegee het net buite Parys. Ons dank aan  Jolene Oosthuizen vir die foto’s  asook CSS Sekuriteit en We Care wat Nuno deur die dorp begelei het. 

 

Related Articles

Back to top button