EntertainmentNewsNews

Wil jy koffie drink saam met Shaleen Surtie-Richards?

Wie ken nie vir Shaleen Surtie-Richards nie? Sy is seker een van die bekendste Afrikaanse aktrises in die land. Shaleen tree by Aardklop vanaf 6 tot 10 Oktober in Potchefstroom op in die uiters gewilde eenvroustuk “Woema van ‘n Windgat Wyfie”.

Dis min dat mens die geleentheid kry om so ‘n bekende persoon soos Shaleen  in lewende lywe te ontmoet. Maar nou is jou kans! Een persoon wat bespreek het om “Die Woema van ‘n Windgat Wyfie” by te woon gaan die kans kry om tydens Aardklop  saam met hierdie borrelende persoonlikheid te kuier oor ‘n koppie cappuccino en sjokoladekoek (of waarvoor jy ook al lus is!).  Dit sal ‘n geleentheid wees wat jy nie gou sal vergeet nie. En onthou om ‘n selfie saam met Shaleen te neem!

Die koffie-afspraak sal by Die Akker Koffiewinkel wees  –  een van die gewildste kuierplekke in Potchefstroom. Skryf in deur jou naam, e-posadres en telefoonnommer, asook besonderhede van kaartjiebespreking (vertoning en sitpleknommer) te e-pos na info@windgat.co.za. . Gaan na www.windgat.co.za vir meer inligting oor “Woema van ‘n Windgat Wyfie”. Shaleen sê sy sien uit daarna!

Die sluitingsdatum om in te skryf is Saterdag, 3 Oktober. Die gelukkige feesganger sal daarna persoonlik gekontak word.

Related Articles

Back to top button