News

Ag nee…nou moet jy weer só maak met WVF eise

Nog 'n verandering vir die indien van aansoeke

Besigheidseienaars en werknemers se geduld is al die afgelope maande tot die uiterste beproef met die vele veranderings aan aansoeke vir eise vir die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF). En nog is dit einde niet.

Die WVF het weer sy stelsel verander vir Covid-19 Ters-eise.

Nou moet maatskappye of hul registrasienommer wat deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) uitgereik is, of die ID nommer van die persoon wat betaal moet word op die stelsel laai wanneer aansoeke ingedien word.

Die verandering is glo om te keer dat mense bankbsonderhede tot hul voordeel verander.

Die verandering kan ‘n vertraging van minstens 2 dae tot gevolg hê vir die uitbetaling van voordele. Werkgewers wat nie die korrekte besonderhede verskaf nie, kan ook verdere vertragings van uitbetalings te wagte wees, is gewaarsku.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button