News

Volkskool sluit dié week weens Covid-19 geval

Volkskool sluit dié week weens Covid-19 geval

 

Hoër Volkskool Potchefstroom het vandag (13 Julie) bekendgemaak dat daar ‘n Covid-19 geval by die skool is, en dat die skool vir die res van die week gesluit sal word. Die skool sal tot en met Vrydag eers volgens amptelike veiligheidsprosedures skoongemaak word.

“Ons het sopas die nuus ontvang dat ons ‘n positiewe geval van Covid-19 het,” het die skoolhoof van Volkies, mnr. Terry Nicholenas, vanmiddag genoem.

“As gevolg van die geval sluit die skool vanaf vandag (13 Julie) tot Vrydag, 17 Julie vir diep reineging. Alle graad 10 en 11 klasse sal op Maandag, 20 Julie hervat word. Die matriek mini-eksamen gaan vanaf Maandag 20 Julie hervat word, soos aangedui op die bestaande eksamenrooster,” het hy verder gestaaf.

Vakke wat hierdie week geskryf sou word sal in die laaste week van 3-7 Augustus geskryf word.

“Ons wil graag die versekering gee dat die skool alles in ons vermoë doen om die veiligheid van leerders te verseker. Indien ouers of gesinslede enigsins siek voel wil ons tog ‘n beroep doen om eerder die leerder tuis te hou om sodoende ander se gesondheid in ag te neem,” het Nicholenas verduidelik.

https://potchefstroomherald.co.za/75370/volkskool-sluit-die-week-weens-covid-19-geval/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button