News

Help voorkom ‘n bloedtekort

  Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens SANBS nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, Dinsdag 14 Julie  en Donderdag 16 Julie by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00.  Die Bloeddiens volg streng maatreëls om die veiligheid van skenkers te verseker. Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsamelings weens ʼn toename in tipiese …

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens SANBS nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk, Dinsdag 14 Julie  en Donderdag 16 Julie by die Hervormde Kerksaal vanaf 11:00 – 18:00. 

Die Bloeddiens volg streng maatreëls om die veiligheid van skenkers te verseker.

Wintermaande is tradisioneel ʼn moeilike tyd vir bloedinsamelings weens ʼn toename in tipiese wintersiektes, soos verkoues en griep, wat ʼn reuse impak het op die insameling van bloed. Dit plaas SANBS onder ontsaglike druk om genoeg, veilige en goeie kwaliteit bloed in te samel.

Hierdie is ʼn spesiale beroep op die publiek om 30 minute af te knyp om bloed te skenk.

Die minimum vereistes om ʼn bloedskenker te wees, is:

  • Wees tussen die ouderdom van 16-75 jaar
  • Weeg meer as 50kg
  • Geniet goeie gesondheid
  • Leef ʼn veilige seksuele leefstyl.

Die Bloeddiens  alle gereelde bloedskenkers bedank en aanmoedig om aan te hou om gereeld bloed te skenk.

Help SANBS om ‘n bloed te kort te voorkom deur bloed skenking te ondersteun.

Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.sanbs.org.za of skakel tolvry 0800 11 90 31

Skenk bloed. Jou bloed red lewens.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button