President Cyril Ramaphosa het vanaand, Sondag 12 Julie, in sy boodskap aan Suid-Afrikaners gesê dat die land op vlak 3 van inperking sal bly, maar het verskeie aankondigings gemaak in die lig van die drastiese styging van Covid-19 infeksies wat reeds groot druk op die land se gesondheidstelsel plaas.
Daarom is
- Aandklokreël weer ingestel: Jy moet vanaf Maandag 13 Julie tussen 21:00 en 04:00 tuis wees, behalwe as jy ‘n essensiële diens verrig, of as jy dringend mediese hulp benodig.
- Nee vir drank: Alle drankverkope en verspreiding word weer verbied met onmiddellike effek. Dus geen drankwinkels sal van Maandag 13 Julie af meer oop wees nie. Die besluit is gemotiveer sê die president omdat daar duidelike bewys is dat drankverkope tot geweld en ongelukke lei wat noodeenhede by hospitale besig hou.
- Taxi’s – Taxi’s mag 100% vol wees vir kort afstande, maar net 70% vol vir langafstand vervoer. Alle passasiers moet maskers dra, taxi’s ontsmet word en vensters oop wees.
- Kuier is uit – Kuier by familie en vriende is steeds verbode.
- Parke oop – Parke is oop vir oefening maar nie vir samekomste nie.
- Veilings – Veilings mag gehou word, maar mense moet maskers dra, sosiale afstand hou en reëls vir ontsmetting moet nagekom word.
- Maskers verpligtend: Die dra van maskers gaan strenger gereguleer word. Werkgewers, winkels, taxi’s en eienaars van openbare geboue moet nou volgens wet toesien dat mense wat by hul winkels en geboue inkom of in taxi’s klim, gesigmaskers dra.
- Ramptoestand verleng: Die nasionale ramptoestand is verleng tot 15 Augustus
SA het 12 058 nuwe Covid-19 gevalle die afgelope 24 uur aangeteken.
Die getal infeksies in die land staan nou op 276 242 en die aantal sterftes op 4 079.
Daar het nou al 134 874 mense van die virus herstel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



