NewsNews

Voëlkyk – waar begin jy?

Suider Afrika spog met meer as 900 voëlspesies. Hier in die Vredefort Koepel het ons, volgens ‘n lys wat Jan Fourie ‘n paar jaar gelede opgestel het, ongeveer 331 spesies. Van 1934 tot 1983 het Nollie Meiring toe alreeds 200 spesies vir Parys en omgewing aangeteken. Voëls is gedurig besig om hul voedingsgebied uit te …

Suider Afrika spog met meer as 900 voëlspesies. Hier in die Vredefort Koepel het ons, volgens ‘n lys wat Jan Fourie ‘n paar jaar gelede opgestel het, ongeveer 331 spesies.
Van 1934 tot 1983 het Nollie Meiring toe alreeds 200 spesies vir Parys en omgewing aangeteken.
Voëls is gedurig besig om hul voedingsgebied uit te brei en as gevolg daarvan kan daar seker teen hierdie tyd nog ‘n paar op Jan se lys bygevoeg word.

Wat het jy nodig om voëls te kyk?
Die volgende is die basiese benodigdhede om te kan voëls kyk:
1.Tyd: Jy moet ‘n uur of drie kan afknyp om rustig te gaan sit of ry om voëls te kyk. Soms is jy gelukkig, byvoorbeeld by ‘n vakansieplek, waar jy ‘n rukkie kan sit, en dan kom hulle na jou toe, maar ander kere moet jy maar rondbeweeg en kyk wat jy kry. Die beste tyd om voëls te kyk, is vroeg in die oggend en dan weer laatmiddag.
2.‘n Goeie verkyker – grotes en kleintjies help almal om voëls en hul kleure beter te sien. Jy het beslis nie ‘n Swarovski teen ’n allemintige R27 000 nodig nie.
3.‘n Voëlboek – waarin jy voëls wat jy gesien het kan opsoek en identifiseer. Daar is verskeie boeke op die mark en selfs elektronies beskikbaar.
4.‘n Piekniekmandjie

Waar kan jy voëls kyk?
Vakansieplekke en die wildtuin bied die ideale geleentheid om voëls te kyk. As jy dit as ‘n stokperdjie beoefen, gee dit jou altyd iets om te doen as jy nie daardie leeu of luiperd in die wildtuin kan opspoor nie.
Wees verseker daar is altyd iewers ‘n mooi voëltjie en wanneer jy stilhou sal daar vinnig ‘n paar karre stop om vol verwagting te vra “Wat sien jy?” ’n Taamlike teleurstelling dan vir ernstige wildkykers as jy sê ’n Witkruisarend, Rooiborslaksman, of Swaelstertbyvreter.
Die plaaslike Feathers Voëlklub probeer om een keer per maand ‘n uitstappie te reël. As klub het ons die geleentheid om verskeie plase en vakansieoorde te besoek om voëls te kyk, want as individu het jy nie altyd die geleentheid om by al die plekke in te kom nie, en moet jy jou voëlkyk tot die paaie, vakansietyd en onmiddelike omgewing beperk.
Die maklikste plek om te begin voëls kyk is sommer in jou tuin. Jy het nie baie tyd nodig nie, en as jy boonop bietjie saad en vrugte uitsit sal jy verbaas wees om te sien hoeveel voëls om ons is. Dit verskil byna van straatblok tot straatblok in Parys. Voëls beweeg ook rond op soek na kos en jy kan dus van tyd tot tyd ander voëltjies in jou tuin sien. As jy belangstel in ons voëlbevolking, gaan sit bietjie op jou stoep en geniet dit wat die natuur jou letterlik op jou voorstoep bied.
Besoekers en nuwe lede is altyd welkom by Feathers Voëlklub en teen R50 per jaar kan jy maandeliks deel in ander voëlkykers se ervarings, en deelneem aan die uitstappies.
Vir vrae oor voëlkyk in die omgewing, Feathers Voëlklub, en hul verdere uitstappies na die grendeltyd, kontak Hansie Bekker by 082 820 4306 of 056 811 475

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button