News

Diepreiniging gedoen en maatreëls in plek, sê skool

Diepreiniging gedoen en maatreëls in plek, sê skool

Daar is reeds begin met diepreiniging en ontsmetting van klaskamers by Parys Primêre skool nadat ‘n graad 2 onderwyser positief getoets het vir Covid-19. Die skool het gisteraand (Donderdag 9 Julie) reeds ouers ingelig.

Die onderwyser was op Vrydag 3 Julie die laaste keer by die skool en het Donderdag 9 Julie die toetsuitslae ontvang.

Die onderwysdepartement en departement van gesondheid is in kennis gestel en is daar nog geen aanduiding dat die skool sal moet sluit nie, het die skoolhoof, mnr. Shaun Strydom vanoggend (Vrydag 10 Julie) bevestig.

Hy het die versekering gegee dat alle maatreëls ten opsigte van higiëne en veiligheid deurgaans  streng gevolg word by die skool, en dat die korrekte protokol rondom die hantering van ontsmetting en diepreiniging van klaskamers met ‘n goedgekeurde “bio fogger” produk ook tans gevolg word om die veiligheid van alle kinders, personeel en werkers te verseker. Slegs graad 7 en graad 6 leerders is tans nog by die skool, terwyl die Graad R-sentrum ook vandeesweek sy deure kon oopmaak.

Ouers wat navrae het is welkom om die skool direk te kontak by (056) 811 3541.

Ouers sal ook deur die skool via hul amptelike kommunikasiekanale op hoogte gehou word.

Die skool het  ‘n ernstige beroep gedoen op ouers en die gemeenskap om eerder betroubare en akkurate boodskappe en inligting op die amptelike kommunikasiekanale van die skool te volg, wat gereeld opgedateer word, eerder as inligting op ander bronne wat nie geverifieer kan word nie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button