News

Pluimpie vir Ngwathe in ouditeur-generaal verslag

Pluimpie vir Ngwathe in ouditeur-generaal verslag

Rotasie beurtkrag ten spyt, het die ouditeur-generaal in sy jongste verslag ’n pluimpie vir die Ngwathe munisipale bestuur gehad.
In sy verslag aan die parlement word ten opsigte van Ngwathe (Parys) lof gegee vir die munisipale leierskap, wat “beduidende werk gedoen het om die munisipaliteit se rente op sy agterstallige skuld aan Eskom te verlaag.” Die verslag lees verder dat die munisipale bestuurder die ‘regte toon aangegee het op bestuursvlak om ‘n kultuur van zero verdraagsaamheid daar te stel, met die ‘gevolg dat sekere beamptes, veral in afdelings waaroor bevindings in die ouditeursverslag gemaak is, bedank het.’”
Meer as 90% van die munisipaliteite kon weer nie in die afgelope finansiële boekjaar ‘n skoon oudit kry nie.

Wat sê opposisiepartye hiervan?
“Die lof wat die ouditeur-generaal in sy pas vrygestelde verslag oor toestande by munisipaliteite aan die Ngwathe Munisipaliteit toegeswaai het, is onverwags maar tog baie welkom” sê VF Plus raadslid Phillip van der Merwe.
Hy meen dit gee erkenning aan die spesiale poging wat die finansiële komitee en topbestuur van die munisipaliteit aangewend het om beter finansiële bestuur van die munisipale finansies daar te stel. (Raadslid Van der Merwe dien in die finansiële komitee).
Volgens hom word die klem op die oomblik veral gelê op die inkomste en uitgawes verbonde aan die elektrisiteitsvoorsieningskant van die munisipaliteit. “Verhaling van inkomste wat nie realiseer as gevolg van kragdiefstal en wanbetaling, geniet tans hoë prioriteit en die invorderingskoers daarvan het, hoewel nog ver van perfek, goed verbeter.”
Rdl. Van der Merwe sê verder dat die munisipaliteit tans by die afbetalingsplan wat met Eskom beding is hou, ten opsigte van die maandelikse grootmaatrekening, sowel as afbetaling op uitstaande skuld. Dit is ‘n bepaling van die ooreenkoms met Eskom dat rente nie gehef word op ou skuld solank die ooreengekome paaiemente stiptelik betaal word nie, en strek tot voordeel van die munisiplaliteit en gevolglik ook sy inwoners.

Rdl. Van der Merwe sê ook dit is duidelik uit die ouditeur-generaal se opmerkings dat die groot druk wat op amptenary geplaas word om toe te sien dat maatreëls wat deur die finansiële komitee asook die munisipale bestuurder en sy hoof van finansies daargestel word om die proses beter te bestuur, vrugte begin afwerp. DA raadslid Arnold Schoonwinkel het in sy opmerking gesê die verslag kom “terwyl ons jare lank, met een uitsondering, van die swakste moontlike verslae deur die ouditeur-generaal behaal het.”
Die DA het die volledige verslag aangevra.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button