News
Sit af, waarsku Eskom
Eskom het verbruikers weer vandag ernstig gewaarsku om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel met die kragnetwerk wat tans onder groot druk is. Dinsdagaand het ‘n opwekkingseenheid by Tutuka, en ‘n eenheid by Medupi kragstasie uitgeskop. Die Medupi-eenheid is weer gekoppel, maar vanoggend was daar nog teëspoed toe ‘n tweede eenheid by Tutuka uitskop …
Eskom het verbruikers weer vandag ernstig gewaarsku om alle nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel met die kragnetwerk wat tans onder groot druk is.
Dinsdagaand het ‘n opwekkingseenheid by Tutuka, en ‘n eenheid by Medupi kragstasie uitgeskop. Die Medupi-eenheid is weer gekoppel, maar vanoggend was daar nog teëspoed toe ‘n tweede eenheid by Tutuka uitskop het sowel as ‘n eenheid by die Kendal-kragstasie.
Mense is gevra om spaarsamig met krag te werk, en is gewaarsku dat die risiko vir buurtkrag tot minstens die naweek bestaan.
- Intussen is ook verneem dat die gesprek tussen die Ngwathe Eskom taakspan en senior Eskom-personeel oor vergroting van die substasie kapasiteit, nog nie kon plaasvind nie. Parys gaan reeds die afgelope drie weke gebuk onder daaglikse rotasie beurtkrag omdat die ooreengekome hoeveelheid krag wat aan die munisipaliteit deur Eskom gelewer word, oorskry word. Met ysige temperature wat van môre tot en met die naweek voorspel word, kan verwag dat kragverbruik nog verder sal verhoog wat ook verdere druk op die substasie tot gevolg kan hê.
You can read the full story on our App. Download it here.